Wiener Secession

Die Wiener Secession-gebou is tussen 1897 en 1898 deur Joseph Maria Olbrich in Wene gebou om kunsuitstallings te huisves

Die Wiener Secession (ook Weense Sesessie) is 'n vereniging van progressiewe beeldende kunstenaars wat uit ontevredenheid oor die heersende konserwatiewe kunsbedryf in 1897 (in die tydperk van die Fin de siècle) in die Oostenrykse hoofstad Wene in die lewe geroep is. As eerste president het die skilder Gustav Klimt gefungeer. Die vereniging se amptelike nuusblad was Ver Sacrum ("Heilige Lente").[1]

Die Weense variant van die Jugendstil word, na aanleiding van die Secession, ook Secession-styl of Weense Jugendstil genoem.

  1. Designlexikon International: Wiener Secession. Besoek op 21 Februarie 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search